Lenteskool op Robbeneiland is vanjaar hervat

Die Robbeneiland-museum het ná ‘n jaar weer ‘n groep van 60 leerders verwelkom om ses dae op die eiland deur te bring nadat die program verlede jaar weens Covid-19 afgestel is. ‘n Woordvoerder, Marangoa Ramaboa, sê die Lenteskool is ‘n spogprojek wat bewustheid oor die eiland skep. Sy sê vanjaar se tema erken die epidemie van geslagsgeweld en vrouemoord in Suid-Afrika as ‘n nasionale krisis: