Mense het reeds in Ystydperk gerook

Wetenskaplikes het by opgrawings in die Great Salt Lake-woestyn in Utah bewyse gekry dat oermense tabak gebruik het. Volgens internasionale nuusagentskappe is van die opgrawings amper 12 500 jaar oud en oorblyfsels van die wild tabakplant is gevind tussen gereedskap en eendbene. Tot op hede was die oudste bewys van rook 3 300 jaar gelede bevestig met nikotien wat in ‘n pyp by ‘n opgrawing in Alabama gevind is. Tabak is volgens kenners heel eerste deur die Amerikaanse inboorlinge gebruik en na die eerste Europeërs in Noord-Amerika aangekom het, dit was 500 jaar gelede, en handel gedryf het, het rook die wêreld in versprei. Daar is tans 1,3 miljard tabakgebruikers wêreldwyd.