Abbott gee opdrag teenstrydig met Biden s’n

Texas se goewerneur, Greg Abbott, het ‘n uitvoerende bevel onderteken wat alle federale ondernemings, insluitende private werkgewers, verbied om verpligte Covid-19-inenting af te dwing. Hy sê die entstowwe is veilig, doeltreffend en die beste beskerming teen die virus, maar dit moet vrywillig bly vir Texas se inwoners en nooit afgedwing word nie. Dit volg nadat President Joe Biden inenting vir gesondheidswerkers, federale kontrakteurs en die meerderheid federale werkers verpligtend gemaak het. Abbott sê om inenting verpligtend te maak, is nadelig vir die staat se ekonomiese herstel.