Lekker rugby vandag

Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Kampioenskap-reeks sê mekaar weer vanmiddag vir die tweede agtereenvolgende week die stryd aan. Die Leeus is die gashere om drie-uur vanmiddag in hulle Jukskei-derby in Johannesburg teen die Bulle. Dit word gevolg deur ‘n kragmeting net ná vyf tussen die Haaie en die Stormers in Durban. Die Leeus gaan probeer om ‘n derde oorwinning die seisoen te behaal ná hulle teleurstellende nederlaag verlede week teen die Haaie. Die Bulle is desperaat om hulle posisie op die punteleer te verbeter na hulle tot dusver slegs een van hulle ses wedstryde die seisoen kon wen.