Khomas-goewerneur: N$2 miljoen begroot vir slagoffers van kitsvloede

Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, het vandag by die opening van die streek se raadsvergadering in Windhoek gesê twee miljoen Namibiese dollar is begroot vir slagoffers van kitsvloede in die hoofstad. Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die gebrek aan voldoende klaskamers in die streek. Die goewerneur het weer ‘n beroep op inwoners gedoen om ingeënt te word.