Brug stort ineen net voor Biden kom gesels oor infrastruktuur-projek

‘n Dubbelbaan-brug in Pittsburgh het ineengestort slegs ‘n paar uur voor die Amerikaanse president Joe Biden die gebied na verwagting sou besoek om sy infrastruktuur-wetsontwerp te bespreek. Reddingswerkers moes byna 46-meter met toue afsak terwyl ander ‘n menseketting gevorm het om te help om insittendes van ‘n bus te red wat oor die brug gehang het. Slegs geringe beserings is aangemeld met geen noodlottige ongevalle nie. Amptenare sê die ineengestorte brug het ‘n gaslekkasie veroorsaak, maar die toevoer is gou afgesny.