Lekker rugby in Kaapstad

Kaapstad was die rugbyfokus die naweek. Die verassing was die Bulls wat die Suid-Afrika A-span met 17-14 geklop het. Volgens die Springbokafrigter Jacques Nienaber was daar nie baie positiewes in die nederlaag nie. Een positiewe volgens Nienaber is egter dat baie spelers wat dit nodig gehad het wel ‘n speelkans gekry het. In die ander wedstryd in die Suid-Afrikaanse moederstad, het die Britse en Ierse Leeus die Stormers met 49-3 geklop. Marcus Smith het uitgeblink vir die Leeus en die punte laat inrol.