Groot opgewondenheid heers oor Schumacher Bonsmara-veiling

Daar heers groot opgewondenheid oor die Schumacher Bonsmara-veiling wat vanaand om ses-uur by die Bank Windhoek/Agra Ring plaasvind. Volgens Paul Klein, algemene bestuurder by Agra-veilings is daar 28 top-gehalte bulle en 120 vroulike diere op aanbod, ‘n uitstekende toevoeging vir enige boer se kudde.