Lekker Nuwejaarstoets by Nuweland

Nuweland gaan weer ‘n Nuwejaarstoets aanbied. Krieket Suid-Afrika het die derde toets tussen Suid-Afrika en Indië van Johannesburg na Kaapstad verskuif. Die wedstryd sal volgens beplanning op die derde van die maand begin. Al drie die toetse sou aanvanklik in Gauteng gespeel word, met die eerste en derde in Johannesburg, en die tweede in Centurion. Indië sal ook drie eendag internasionale- en vier Twintig20 internasionale wedstryde in Kaapstad en die Paarl speel.