Australiese boere gooi avo’s weg

Avokado-produsente in Wes-Australië gooi hope van die vrugte weg omdat dit nie finansieel sin maak om dit te verpak en mark-toe te stuur nie. Avokadopryse in die land het ineengestort weens ‘n enorme nasionale oes en ‘n rekord-produksiejaar in die staat, wat oorvoorsiening tot gevolg gehad het. Met so baie vrugte wat plaaslik geoes word, vra boere hoekom groot kleinhandelaars nog die vrugte uit Nieu-Seeland invoer.