Namboer verduidelik oor Meatco se Gbs-grond

Wouter Moolman van Namboer-veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat voorgekom het as uiters swak belangstelling in vier eiendomme van Meatco wat onder die hamer gegaan het. Drie is vir ‘n gesamentlike bedrag van 4,85 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dit wil voorkom asof niemand belangstel in die stuk grond by Gobabis waarop voerkraal-infrastruktuur opgerig is nie. Moolman sê daar is wel belangstelling maar, dis gespesialiseerde kopers wat geteiken word. Hy verduidelik.