Lekker bedrywig aan die kus die langnaweek

Die besettingsyfers van kusoorde lyk oor die algemeen goed die langnaweek. Baie Namibiërs het aan die kus gaan uitspan. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheids Inisiatief was daar nog geen ernstige probleme op die paaie aan die kus nie.