Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word môre herden

Die 30ste herdenking van die Windhoek Deklarasie word môre herdenk. Die deklarasie handel oor persvryheid en die belangrikheid van onafhanklike media in demokratiese stelsels. Wêreld Persvryheid-dag word ook op 3 Mei herdenk. Daar is reeds verskeie geleenthede wat in aanloop tot die dag aangebied is en môre word nog beplan. Namibië het intussen ook sy top posisie in die Persvryheid Indeks van Verslaggewers Sonder Grense op die vasteland behou. Die land is wêreldwyd, 24ste geplaas. Die Namibiese regering het sedert onafhanklikheid baie vryheid aan die pers toegestaan en terwyl daar uitdagings is met toegang tot inligting, kan Namibië se verslaggewers in ‘n veilige omgewing werk.