WGO gee toestemming vir die gebruik van Moderna Covid-19-entstof

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het toestemming verleen vir die noodgebruik van die Moderna Covid-19-entstof. Dié MRNA-entstof van die Amerikaanse vervaardiger is die jongste entstof wat nou op die WGO se noodgebruikslys is. Die ander entstowwe is van AstraZeneca, Pfizer-BioNTech en Johnson en Johnson. Soortgelyke goedkeuring word vir die Chinese Sinopharm en Sinovac afgewag. Die goedkeuring van die Moderna-entstof het verskeie maande geneem, omdat die WGO gesukkel het met vertragings in die verkryging van inligting van die vervaardiger.