Leinster mik na boonste plek 

Rugby: Leinster is op koers om hierdie seisoen twee trofeë te verower. Hulle het reeds ‘n plek bespreek in die eindstryd om die Kampioenebeker teen Toulouse maar fokus nou hulle aandag op die Ospreys en die geleentheid om weer boaan die Verenigde Rugbykampioenskap te wees. Die voormalige Springbokafrigter, Jacques Nienaber, is nou deel van die afrigtingspan van Leinster. Volgens hom sal hulle nie die Ospreys onderskat nie.