Palestynse hoofkwartier in vlamme gehul

Die Verenigde Nasies se belangrikste hulpagentskap vir Palestyne het sy hoofkwartier in Oos-Jerusalem gesluit nadat plaaslike Israeli’s dele van die buitekant aan die brand gesteek het. Die hoof van die agentskap, Phillippe Lazzarini, sê die lewens van VN-personeel is ernstig bedreig. Israel as ‘n besettingsmag het die verantwoordelikheid om te verseker VN-personeel en -geriewe word te alle tye beskerm. Lazzarini sê groepe Israeli’s hou die afgelope twee maande gereeld versetoptredes buite die kompleks.