Alpine Alpenglow Hy4 is ‘n waterstofaangedrewe hipermotor reg uit die toekoms!

Die Alpenglow-konsepmotor word hierdie naweek deur Alpine by die Spa-baan bekendgestel. Slegs ‘n paar vervaardigers het werklik motors geskep wat deur waterstof aangedryf word, maar Alpine wil dit verander, en dit begin met die Alpenglow Hy4.

Alpine het in 2022 die Alpenglow-konsep onthul – ‘n treffende hipermotor wat deur waterstof aangedryf word. Die Alpenglow Hy4 is ook ‘n konsep, maar Alpine beweer dit is ‘n werkende model en sal voor die “6 Hours of Spa-Francorchamps” uithouren aan die publiek gewys word.

Die Alpenglow Hy4 beskik oor ‘n 2.0-liter, viersilinder turbo-aangejaagde enjin met 340 perdekrag en ‘n maksimum van 7 000 revolusies per minuut. Dit word uitsluitlik aangedryf deur waterstof wat in drie tenks in die sykante en agter die kajuit gestoor word. Krag word deur ‘n opeenvolgende ratkas gestuur na die wiele, en Alpine sê dat dit ‘n topspoed van 269km/h kan bereik. Die ‘Hy4’ se naam kom van die “waterstof” simbool en die “4” van die silinders af. Alpine beweer hy sal ‘n splinternuwe V6-enjin wat deur waterstof aangedryf word voor die einde van die jaar in ‘n tweede werkende weergawe van die Alpenglow aanbied.

Die Alpenglow gebruik ‘n LMP3-koolstofvesel onderstel, wat ook vir die bakwerk gebruik word. Alpine sê die viersilinder-enjin “brul” danksy ‘n stel vertikaal gestapelde titanium-uitlaatpype.

Fotos verskaf: Autoexpress