Leeus is onveranderd vir Saterdag

Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, het sy span vir verlede week se uitgestelde Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Glasgow Warriors net so behou vir Saterdag se ontmoeting met die Stormers in Johannesburg. Die Springbok-skrumskakel, Jaden Hendrikse, se jonger broer, Jordan, sal die nommer 10-trui dra en Gianni Lombard bied dekking op die bank. PJ Botha vervang vir Jaco Visagie op haker. Afskoptyd op Ellispark is om vieruur Saterdagmiddag.