Demokrate roep Obama in om ondersteuning te werf

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Demokrate in die VSA kriewelrig raak oor ‘n moontlike verlies in die Senaat waar hy op die oomblik 48 setels het, terwyl die Republikeine 50 het. Daar is twee onafhanklike kandidate wat hulle by die Demokrate skaar en dus, met die adjunk-president Kamala Harris se stem, het die party net-net ‘n meerderheid. Dus, het die party die immergewilde oud-president Barack Obama ingeroep om steun vir die party te werf. Daar is selfs ‘n video geskep.