Geingos se laster-uitspraak ‘n les vir almal

Namibiërs het ‘n wekroep gekry nadat Abed Hishoono skuldig bevind is aan verswarende laster teen die Presidentsvrou Monica Geingos. Regter Orben Sibeya het skadevergoeding van 250 000 Namibiese dollar toegestaan. Dit is ‘n hoërprofielsaak wat ‘n les vir Namibiërs is om nie dinge buite konteks te sê nie, veral op sosiale media. Bekende regsverteenwoordiger Sisa Namandje sê dit is tyd vir Namibiërs om ‘n wag voor hul mond te plaas. Hy sê verder Namibië het lafaards wat dink hulle is mansgenoeg om te sê wat hulle wil.