Leerlooiery-bedryf moet in Namibië herstel word

Die Namibiese landbouministerie hou vandag slypskole met die streeksleierskap van Kavango-Oos. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Percy Misika, het gesê die leerlooiery-bedryf moet in die land herstel word. In sy toespraak wat deur direkteur Mesag Mulunga voorgelees is, sê hy die bedryf hang af van die voorraad van velle en huide wat deur veeprodusente verskaf word.