SA begrafnispraktysyns voorspel premie-verhogings weens beurtkrag

Die Nasionale Begrafnis-praktisynsvereniging van Suid-Afrika voorspel premie-verhogings as gevolg van die langdurige beurtkrag. Die vereniging se woordvoerder, Dududu Magano, sê begrafnisondernemers oorweeg dit om die koste van hul dienste te verhoog om die uitwerking van die kragonderbrekings te versag. Magano voeg by die koste van diesel en petrol neem buitensporig toe aangesien ‘n aantal lykshuise die meeste van die tyd kragopwekkers moet gebruik.