Leerders kan steeds vanjaar simbole verbeter vir AS-vlak

Daar is meer opsies as beroepsopleiding vir Namibiese leerders wat nie die nodige simbole behaal het om die AS-vlak te betree nie. Daar is vroeër beaam dat die studente alleenlik ambagsopleiding kan ontvang, die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê sekere uitslae kan verbeter word en leerders kan dan volgende jaar voortgaan.