Gift of the Givers hou reuse-mediese uitreiking in die Kaap

Gift of the Givers het die naweek een van die grootste eenmalige mediese hulpgeleenthede vir ‘n spesifieke gemeenskap in Touwsriver in die Wes-Kaap aangebied. ‘n Multidissiplinêre span medici met 50 vrywilligers het mediese dienste aan die dorp se inwoners gebied. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê tandartse het pasiënte se tande getrek en ander het noodsaaklike hulp van onder meer ginekoloë, ortopede en pediaters ontvang. Hy sê verdere aanbevelings sal aan die Departement van Gesondheid gemaak word: