Groot vraag na SA-pere in Europa

Suid-Afrikaanse peerboere geniet ‘n goeie seisoen aangesien dit tans ‘n verkopersmark vir pere in Europa is. Die hoofbestuurder van bemarking by Good Hope Fruit, Marnus Schoeman, sê hulle het onlangs hul eerste pere uitgevoer na verskeie bestemmings, maar het nou as gevolg van die groot aanvraag die pluk-proses versnel. Hy sê baie van die oes wat in die boord gepluk word, word regstreeks in uitvoerhouers geplaas sodat geen tyd gemors word nie.