Leerders gaan môre terug hok toe

Namibiese leerders landwyd keer môre terug skool toe na die lang wintervakansie. Die Covid-pandemie het ‘n erge impak op die akademiese jaar gehad, maar dit is nou die tyd wat hulle hul sokkies moet optrek, want daar is baie agterstallige werk om in te haal. Edda Bohn, die adjunk uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie praat met Kosmos 94.1 Nuus en verwelkom leerders en onderwys terug skoolbanke toe.