Van 100 onwettige inwoners tot 4 000

Die nuwe dorpsraad van Rundu het nou die uitdaging om die onwettige Tumweneni nedersetting uit te sorteer. Die vorige bestuur van die dorp het sedert June 2018, toe ongeveer 100 mense hulle onwettig net buite die dorp gevestig het, geen aksie geneem nie. Tans is daar meer as 4 000 in die onwettige nedersetting. ‘n Uitsettingsbevel is in 2019 bekom maar nooit uitgevoer nie. Die gemeenskap het hulself met klippe, stokke, pangas en messe verdedig. Daar is geen dienste in die gebied nie en daar word ook nie vir die sogenaamde erwe betaal nie. Volgens berigte oorweeg die dorpsraad verskeie opsies wat die diens van die erwe insluit. Gemeenskapslede kan dan aansoek doen en vir die grond betaal.