Leerders domineer weer Covid-syfers

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 174 nuwe Covid-gevalle bevestig uit 1 805 toetse. Kunene loop voor met 39 gevalle en Hardap is tweede geplaas met 32. Khomas het 31, Omaheke 18, Erongo 17, Otjozondjupa 16, Oshana 9 en Karas 7. Die res is landwyd versprei. Daar is 45 leerders, 6 onderwysers, 4 gesondheidswerkers en 8 gevangenes van Gobabis. Daar is 181 pasiënte in die hospitaal met 38 in hoësorg. Aktiewe gevalle is tans op 1 677. Vier sterfgevalle is ook aangemeld.