Leë huise: Venaani onbeïndruk met premier se antwoorde

Popular Democratic Movement se president, McHenry Venaani, het hul beplande massa-optog tydelik uitgestel. Venaani het nou die kantoor van die ombudsman genader om die kwessie oor die 890 huise wat leegstaan, te ondersoek. Venaani het in ‘n brief antwoorde van die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila geëis oor die huise van die sogenaamde Massa-behuisingsprojek wat regoor die land leegstaan. In haar reaksie het Kuugongelwa-Amadhila gesê behuising is ‘n top-prioriteit vir die regering, maar dat dié spesifieke huise nog nie voltooi is nie. Roberto Dirkse, Venaani se woordvoerder, sê Venaani is nie tevrede met die eerste minister se antwoord nie.