Havana-sopkombuis vra vir skenkings

Die Ebenezer-sopkombuis in die Havana-nedersetting in die hoofstad het honderde minderbevoorregte kinders gevoed en ook sanitêre doekies geskenk aan meisies wat nie kan bekostig om iets te koop nie. Martha Festus, stigter van die liefdadigheidsorganisasie het tydens ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus ‘n beroep op enige barmhartige Samaritane of korporatiewe maatskappy gedoen om hul organisasie by te staan met enige kos of fondse wat hulle in die organisasie kan belê, om ononderbroke voort te gaan met hul werk.