Landbou-invoere, ook van voer, uit Botswana eers opgehef

Die Namibiese Veeartseny-direktoraat het te kenne gegee dat die invoer van enige gesplete-hoef diere, hul rouprodukte sowel as enige kwesbare materiaal soos hooi, voer, lusern en enige ander voer insluit, tans opgehef is. Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof van die direktoraat, is alle bestaande permitte teruggetrek. Transito vervoer deur Botswana wat vir Namibië bestem is word steeds toegelaat solank die vrag in die uitvoer-land geseël word en dat die seëls steeds geldig is wanneer die vrag in Namibië aankom.