LEAP-beamptes geloof vir verlaagde moordsyfer in Wes-Kaap

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het beamptes van die Wetstoepassings-bevorderingsplan die eer gegee vir die afname in die moordsyfer in die Wes-Kaap. Hy is van mening die afname van 8,2 persent in die eerste kwartaal van die 2022/23-boekjaar bewys dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan die provinsiale regering oorhandig moet word. Hy sê die idee van LEAP-beamptes spruit vanuit die provinsiale regering se Veiligheidsplan, en hulle doelwit is hoofsaaklik om die moordsyfer teen 2029 met 50 persent te verminder.