Fica-wysigings sal klein en medium ondernemings raak

Die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters sê voorgestelde wysigings aan die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum moet verseker die regulatoriese las op klein ondernemings word verminder. Die projekdirekteur, Juanita Steenekamp, wys daarop dit sal finansieel en struktureel onmoontlik wees vir ‘n KMMO om te voldoen aan die regulatoriese las wat die wet van hulle vereis. Sy voeg by sommige kwessies benodig duidelikheid en die koste van voldoening is nie in ag geneem nie. Steenekamp het aanbeveel dat minder regulatoriese vereistes gebruik word om KMMO’s se risiko te bestuur met die hantering van verskeie finansiële transaksies.