Global T20 Namibia vind by Wanderers-krieketveld plaas

Krieket Namibië het vandag aangekondig dat die eerste Global T20 Namibia van 1 tot 9 September by die Wanderers-krieketveld in Windhoek aangebied sal word. Namibië se mans se nasionale ontwikkelingspan, die Eagles, sal teen Pakistan se Lahore Qalanders en Suid-Afrika se DP World Lions te staan kom. Johan Muller, hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië, sê die nuwe toernooi sal dien as voorbereiding vir die 2022 T20 Wêreldbeker-toernooi wat later in die jaar vir Australië geskeduleer is, terwyl die kommersiële model Krieket Namibië in staat sal stel om die uitsaairegte vir die toernooi se produkte te vervaardig, te verpak en te verkoop.