Lasbrief vir inhegtenisname vir oudpresident van Botswana uitgereik

’n Lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik vir die voormalige President van Botswana, Ian Khama. Hy is in April gedagvaar om in die hof te verskyn maar het nie opgedaag nie. Die Zimbabwiese joernalis, Hopewell Chin’ono, het die lasbrief op sosiale media versprei wat daarop dui daar bestaan ʼn redelike vermoede dat Khama skuldig is aan die misdade waarvoor hy aangekla is. Die lasbrief lui indien die oud-president in hegtenis geneem word moet hy in die streekhof in Broadhurst verskyn.