Langer Heinrich hervatting binnekort

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die Langer Heinrich uraanmyn amper gereed is om bedrywighede te hervat. ‘n Australiese afvaardiging van Paladin Energy, wat die myn besit, is tans op die perseel. Bedrywighede is in Mei 2018 gestaak en die myn is in sogenaamde sorg en instandhouding geplaas. Volgens Mining Weekly, was daar reeds teen einde Januarie vanjaar gevorderde planne vir die hervatting van bedrywighede. Die beraamde koste hiervan was teen daardie stadium op 81 miljoen Amerikaanse dollar beraam, met ‘n leeftyd van ongeveer 17 jaar vir die myn en ertsreserwes van 84,4 miljoen ton. Die lewensduur kostes is op 27,4 Amerikaanse dollar per pond beraam en op die oomblik verhandel uraan teen net bo 38 Amerikaanse dollar per pond. Die hervatting van die myn se bedrywighede is uitstekende nuus vir die land.