Sanksies is nie genoeg nie

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê die jongste sanksies wat teen Rusland ingestel is, is onvoldoende. Die regerings van Amerika en die Verenigde Koninkryk het verdere sanksies aangekondig wat twee Russiese finansiële instellings, Alfa Bank en Sberbank, insluit. Zelensky dring aan dat die Weste ook ophou om Russiese olie te koop en alle Russiese banke verbied om die internasionale finansiële stelsel te gebruik. Die Verenigde Koninkryk voer 8 persent van sy olie uit Rusland in en Amerika 3 persent.