Lang wintervakansie vir pre-primêre tot graad 9

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die pre-primêre fase tot graad 9 en verskeie fases van skole vir leerders met intellektuele uitdagings landswyd vir die wintervakansie vanaf 25 Junie tot 26 Julie gesluit sal wees. Daar sal ook nie eksamens vir hierdie leerders wees nie.