Lang tronkstraf vir Krylov, Engelbrecht

Die Rus Alexander Krylov en die Namibiër Anna Engelbrecht wat skuldig bevind is op verskeie aanklagte van verkragting en mensehandel waarby vyf tienermeisies betrokke is, is in die Windhoekse hoërhof tronkstraf van onderskeidelik 35 jaar en 25 jaar opgelê. Regter Claudia Claasen het die 62-jarige Russiese burger Krylov tot effektiewe tronkstraf van 35 jaar gevonnis op tien aanklagte van verkragting en tien aanklagte van mensehandel. Engelbrecht, sy 32-jarige medebeskuldigde van Walvisbaai, wat skuldig bevind is op drie aanklagte van verkragting en vyf aanklagte van kinderhandel, is tot ‘n effektiewe tronkstraf van 20 jaar gevonnis. Krylov het erken dat hy gedurende 2017 met minstens vyf minderjarige meisies seks gehad het, maar het ontken dat hy enige van hulle verkrag het. Die twee het tereggestaan op 42 aanklagte van verkragting en mensehandel, benewens ‘n aanklag dat hulle minderjariges van sigarette voorsien het.