Nersa: Eskom-tariewe styg wel met 18,65% in April

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het bevestig ‘n verhoging van 18,65 persent in Eskom se tariewe vir die volgende boekjaar word op 1 April ingestel. Nersa sê hy het Eskom se hersiene aansoek vroeër hierdie maand vir ‘n verhoging van slegs tien persent vir arm huishoudings goedgekeur. Die reguleerder sê munisipaliteite sal vanaf Junie ‘n verhoging van 18,49 persent hê. Dit volg ondanks President Cyril Ramaphosa se pleidooi aan Eskom om sy aansoek vir so ‘n groot tariefverhoging te heroorweeg.