Rugby: Bulle verloor wéér

Rugby: Die Bulle het hul sesde agtereenvolgende nederlaag gely met gisteraand se Curriebeker-nederlaag van 41-33 teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld. Die provinsie se losskakel Kade Wolhuter het 26 punte aangeteken, maar Clayton Blommetjies se briljantheid het hom die speler van die wedstryd-toekenning besorg. In Mbombela het die Pumas hul vertoning van 63-15 teen die Bulle verlede naweek opgevolg met ‘n bonuspunt-sege van 34-27 oor die Leeus. Môremiddag pak die Cheetahs en die Griffons mekaar in Welkom, terwyl die Haaie Griekwas in Kimberley pak.