Landbou se aanlyn akteregistrasiestelsel is buitewerking

Die Namibiese landbouministerie sê sy akteregistrasiestelsel, wat dienslewering aan kliënte verseker, nie op die oomblik in werking is nie. Die ministerie gebruik sedert 2003 twee parallelle stelsels, naamlik die hand- en outomatiese stelsels. Maar die aanlynstelsel wanfunksioneer en is aflyn tot verdere kennisgewing. Dit beïnvloed enige aktesoektogte sowel as talle ander funksies.