Covid woed in Australië

Australië het vandag een van sy hoogste daaglikse stertesyfers weens Covid aangemeld, terwyl hospitaalopnames naby rekordvlakke beweeg. Berigte lui dat owerhede sukkel om die hoogs aansteeklike Omikron-variante onder beheer te kry. Beide die Ba.4 en Ba.5 variante ontduik die beskerming wat inenting bied. Daar is 89 sterftes vandag bevestig met 90 wat Woensdag voorgekom het. ‘n Totaal van 55 600 nuwe gevalle is vandag aangeteken, die hoogste sedert 18 Mei. Australië het die hoë dodetal wat in ander lande tydens die eerste vlae van die pandemie gesien is, vermy, hoofsaaklik danksy uiters streng inperkings en reëls.