Regskenner reageer op tradisionele wette

Die Regshulpsentrum het hul reaksie gegee oor agt tradisionele owerhede van noordelike Namibië wat die ouderwetse, belaglike boetes gaan hersien wat gebruik word om skuldiges te straf wat die wet oortree. Hierdie boetes word deur talle tradisionele owerhede regoor die land gebruik. Aktiviste het veral uitgevaar oor die boete van 3 000 Namibiese dollar of twee beeste wat verkragters en kinder-verkragters tans deur tradisionele owerhede opgelê word. Aktiviste meen dit is ‘n klap in die gesig van slagoffers. Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum gee haar mening.