Landmark-stigting red nog ‘n luiperd

‘n Ontwaterde drie-jaar oue luiperd-mannetjie wat naby Nieuwoudtville in die Noord-Kaap in ‘n hok vir ‘n rooikat gevang is, is gister gered nadat die hulp van die Landmark-stigting ingeroep is. ‘n Woordvoerder sê beamptes van natuurbewaring en boere het gehelp om die dier die nodige binneaarse-vloeistof te gee. Hy is met ‘n opsporingsnekband toegerus en vrygelaat. Die luiperd sal opgeneem word in die navorsingsprojek van die Landmark-stigting en die Universiteit van die Wes-Kaap wat kyk hoe luiperds gered kan word in konfliksituasies tussen mense en diere.