Dippenaar kom eers weer 11 Julie 2022 voor

Die moordverhoor van Jandre Dippenaar is na twee dae se getuienis in die Swakopmund-streekshof tot 11 Julie volgende jaar uitgestel. Die saak is vir twee weke neergelê en sal ook in September en Oktober volgende jaar voortgaan. Daar word verwag dat verdere getuienis gelewer sal word. Buiten die ses moordklagte staan Dippenaar ook tereg op klagte van roekelose en nalatige bestuur, bedrog en die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n bestuurslisensie. Die noodlottige ongeluk waarin ses mense dood is, het in Desember 2014 net buite Hentiesbaai plaasgevind.