Krieket: Spel is vertraag weens nat veld

Krieket: Spel is vertraag weens ‘n nat buiteveld by die Oval in Londen, vir die derde en beslissende toets tussen Suid-Afrika en Engeland. Engeland se kaptein, Ben Stokes, het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Daar is vier veranderings vir die Proteas, met Lungi Ngidi en Rassie van der Dussen wat beseer is. Die snelbouler, Marco Jansen en die veelsydige Wiaan Mulder is albei ingesluit omdat Suid-Afrika vier naatboulers wil inspan. Aiden Markram is weggelaat met Kaya Zondo en Ryan Rickelton wat die beurt open.