Landbouvooruitskouing-konferensie in Oktober

Dit is amper weer tyd vir die Landbouvooruitskouings-konferensie wat geskeduleer is vir Woensdag, 5 Oktober in die hoofstad. Hierdie jaar se konferensie beloof om weer ’n dag propvol interessante inligting te wees. Die dag vind plaas in samewerking met die Namibiese Landbou Unie se susterunies, die NNFU, NECFU en die PDNFU. Die Namibiese Landbou Unie President Piet Gouws sal gaste verwelkom. Tanja Dahl van die Namibiese Landbou Unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.