Baleinwalvisse eet miljoene mikroplastiekstukke

Blouwalvisse is die grootste dier ter aarde en eet daagliks tonne voedsel. Maar volgens wetenskplikes vreet hulle op die oomblik ook tonne mikroplastiek. Navorsers het ‘n skatting voorgelê van die hoeveelheid mikroplastiek wat deur drie spesies baleinwalvisse – blou, vin en boggelrug – langs die Amerikaanse Stille Oseaan-kus ingeneem word, met ‘n uiteensetting van ‘n probleem wat onsekere gesondheidsprobleme vir hierdie seesoogdiere inhou. Baleinwalvisse is filtervoeders. Hulle verwyder voedsel van die seewater deur baleinplate in die mond. Volgens die studie kan blouwalvisse 10 miljoen mikroplastiekstukke of tot ongeveer 43,5 kilogram vreet. Vir vinwalvisse, is die geraamde daaglikse telling ongeveer 6 miljoen mikroplastiekstukke, of tot 26 kilogram plastiek.