TLU SA sê onwettige jag met honde buite beheer

Die landbouvereniging TLU SA in die Vrystaat sê onwettige jag met honde op privaat eiendom raak buite beheer. Die voorsitter, Bertus van der Westhuizen, sê die situasie skep ‘n groot probleem vir vee- en wildboere. Volgens Van der Westhuizen is dit noodsaaklik vir die polisie om hierdie misdaad in ‘n ernstiger lig te beskou en meer te doen om hierdie praktyk stop te sit. Hy sê daar is groot potensiaal vir konflik weens hierdie misdaad, nie slegs konflik tussen gemeenskappe nie, maar ook tussen boere en die polisie.